Suid-Afrikaanse rand bly swak

Suid-Afrika se rand bly swak teen die Amerikaanse dollar en bly in die omgewing van 17 rand teen die dollar. Die dollar-indeks, wat die Amerikaanse geldeenheid teen ses groot eweknieë meet, het egter met sowat 0,2 persent gedaal. ’n Wesenlike rand-herstel lyk egter onwaarskynlik totdat tekens opduik dat wêreldwye stagflasionêre druk begin afneem. Chris Hart, ‘n ekonoom in Suid-Afrika, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.