Greta sê klimaatskrisis gaan toeneem

Die klimaats- en omgewingsaktivis Greta Thunberg sê die klimaatskrisis sal al hoe groter word omdat die wêreld winste en hebsug bo mense en die planeet stel. Dit is na aanleiding van die aanhoudende hittegolf wat die dood van duisende veroorsaak het in Spanje en Portugal, terwyl lande soos Frankryk, Italië, Griekeland, Kroasië, Turkye en Marokko vanjaar deur droogte en veldbrande geteister word. Geskiedkundige hoё temperature kom in die Verenigde Koninkryk voor met temperature wat in Londen voorlopig tot 40 grade Celsius gestyg het. Thunberg sê wat in hierdie lande gebeur is nie normaal nie.