NamWater pomp water na Von Bachdam

NamWater het water vanaf die Swakoppoortdam na die Von Bachdam oorgedra, asook met ‘n klein pomp vanaf die Omatakodam na die Von Bachdam.  Die Von Bachdam is nou 31,6 persent vol ná ‘n invloei van 0,017 miljoen kubieke meter water. Die Swakoppoort is 73,3 persent vol. Die Omatakodam is byna dolleeg teen 0,5 persent na die dam se verlies van 0,131 miljoen kubieke meter water aan Von Bach. NamWatre se hoof van strategiese mensekapitaalbestuur, Kadiva Hamutumwa verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom water in die Von Bachdam gepomp word.  

Sy het ook ’n beroep op Namibiërs gedoen om water spaarsamig te gebruik.