Namibiese ekonoom positief oor groenwaterstof-projekte

President Hage Geingob sê die implementerings-ooreenkoms vir die beplande Hyphen Hydrogen Energy-projek naby Lüderitz van 170 miljard Namibiese dollar sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2023 afskop. Hyphen het Augustus 2022 sy optimisme uitgespreek het dat die implementerings-ooreenkoms vir die projek voor die einde van 2022 deur die Namibiese regering onderteken sal word. Die kabinet het die samestelling en aanstelling van die regerings-onderhandeling-span om die ooreenkoms te finaliseer, voor die voorgestelde tydlyn van sy handtekening, goedgekeur. Plaaslike ekonoom Jason Kasuto van Monasa Advisory and Associates het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die langverwagte begin van hierdie projekte.

Kasuto verduidelik ook hoe hierdie projekte Namibiërs sal bevoordeel…