Hulp met begrafnisreëlings van Boksburg-slagoffers

Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, sê die provinsiale regering in samewerking met organisasies soos Gift of the Givers en Avbob het gehelp met die begrafnisreëlings vir slagoffers van die Boksburgse gastenkwa-ontploffing. Die dodetal is intussen tot 37 aangepas, wat 12 gesondheidswerkers van die nabygeleë Tambo-gedenkhospitaal insluit. Lesufi se woordvoerder, Vuyo Mhanga, sê kliniese sielkundiges, maatskaplike werkers en kapelane bied voortgesette berading vir personeel en hulle gesinne, en vir die treurende naasbestaandes.