Dakar: Sebastian Loeb wen vierde sneltrajek

Die vierde sneltrajek van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië is gewen deur Sebastien Loeb in sy Prodrive Hunter, maar Toyota Gazoo Racing se Nasser Al-Attiyah en sy navigator Mathieu Baumel is nog steeds die algehele voorlopers in die 2023 Dakar-tydren nadat hulle vierde was. Suid-Afrikaner Henk Lategan en sy navigator Brett Cummings was sesde en is vyfde algeheel. Lategan sê hulle het ‘n moeilike dag beleef…

Sy landgenoot Giniel de Villiers en sy navigator, Dennis Murphy was negende en is sewende algeheel. Hulle het ‘n beter dag gehad, sê De Villiers…