MIV- en TB-riglyne vir Namibiese korrektiewe fasiliteite 

Die Namibiese adjunkminister van immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Daniel Kashikola, het vandag die riglyne van MIV en tuberkulose-dienste vir mense in korrektiewe fasiliteite en polisie-aanhoudingselle bekendgestel. Kashikola sê die riglyn is daarop gemik om MIV- en TB-dienste aan gevangenes te verbeter, beide in polisie-aanhoudingselle en korrektiewe fasiliteite, deur kwaliteit en doeltreffende anti-retrovirale terapie en omvattende MIV-voorkomingsdienste te verskaf. Hy sê die riglyne is in ooreenstemming met die regering se verbintenis om MIV/vigs en TB-verwante sterftes teen 2030 uit te skakel.