Namibiese deelnemers aan Cosassa Balspele glo sonder kos, geskikte verblyf

Namibiese leerders wat aan die Cosassa Balspele in Potchefstroom in Suid-Afrika deelneem, se drama is glo nog nie op ‘n einde nie. Eers was die busse volgens bekommerde ouers Donderdag by Keetmanshoop en die Ariamsvlei-grenspos gestrand nadat die busse en sekere dokumentasie glo nie in orde was nie. Vandag het ‘n huilende moeder vir Kosmos 94.1 Nuus 94.1 Nuus laat weet die kinders het vanmiddag omstreeks half-vyf vir die eerste keer na nege-uur Donderdagaand kos gekry het en hul verblyf is ook nie na wense nie met kinders wat beddens moet deel.