Heropening van Mariental-abattoir ‘n prestasie vir boere

Die Mariental-abattoir, voorheen bekend as Farmers Meat Market, se heropening in Oktober ná sy sluiting in Augustus 2020, is ‘n groot prestasie vir die Hartlief-groep en boere. Na die erge droogtes wat Namibië sedert 2013 in die gesig gestaar het, is die abattoir wat amptelik deur die Hartlief-groep oorgeneem is, gesluit weens die lae beskikbaarheid van skape. Die uitvoer-abattoir wat tans op sertifisering wag om internasionaal uit te voer, sal amptelik met plaaslike en streeks-voorsiening begin en sal na verwagting in November 2022 sy eerste besending na Noorweë stuur. Roux-che Locke, die O&L-groep se bestuurder van korporatiewe betrekkinge, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.