Nampol soek na ontsnapte verkragtingsverdagte

Die Namibiese polisie vra die hulp van die publiek om ‘n voortvlugtige verdagte op te spoor. Stephanus Shinedima, ook bekend as Sixa, word gesoek vir sake van verkragting, huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Shinedima, wat na bewering tussen 25 en 30 jaar oud is en Oshindonga en Oshikwanyama praat, is van die Okapya-gebied in die Oshana-streek. Shinedima is sedert 23 Mei op vlug, toe hy uit aanhouding by Ondangwa-polisiehoeweselle ontsnap het. Konstabel Abraham Eliaser van Nampol vra dat die publiek hom met inligting moet skakel.