Namibiese damme nog vol

Volgens die weeklikse damverslag van NamWater is Namibië se damme altesaam 86,5 persent vol. Windhoek se damme is 96,4 persent vol en vir die sentrale streek staan die kapasiteit op 87,5 persent. Die Suide se damme is ook propvol op 92 persent met die Neckartaldam en Nautedam wat meer as 100 persent vol is. Gobabis se damme is slegs 39,1 persent vol, maar die Dan Viljoendam staan op 99,1 persent.