Bulgare agter tralies oor dwelms

In die buurland is drie Bulgare in die Vredenburg-landdroshof aan die Weskus tot jare agter tralies gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan een van die grootste dwelmvondse ooit in Suid-Afrika. Byna eenduisend blokke kokaïen ter waarde van sowat 580 miljoen Namibiese dollar is in Maart op die vaartuig, Wind Ward, in Saldanha gevind. Die drie mans is skuldig bevind aan dwelmhandel en dat hulle Suid-Afrika onwettig binnegekom het. Die staat het meer as 46 miljoen Namibiese dollar van hulle bates verbeurd verklaar. Die aanklagte teen sewe ander bemanningslede is teruggetrek.