Hai//om ontvrede met tradisionele hoof

Die Hai//om San-gemeenskap eis die verwydering van hul tradisionele hoof. Sowat 300 lede in die streke Kunene, Oshikoto, Otjozondjupa and Erongo hou vandag ‘n vreedsame protesoptog op Outjo. Die groep se Woordvoerder, Leon /Aib, het ‘n petisie aan die kiesafdelingkantoor oorhandig om dit aan die Ministerie van Stedelike en Landelike Ontwikkeling te gee. Die groep eis dat die hele tradisionele owerheid en Hoofman David Khamuxab verwyder word, omdat hulle glo nie vrede bevorder en na die welsyn van die gemeenskap omsien nie.