Cosatu-lede jou Mantashe uit

Ontevrede Cosatu-lede het die voorsitter van die ANC, Gwede Mantashe, verhoed om hulle toe te spreek op die vakbondfederasie se 14de nasionale verkiesingskonferensie wat in Midrand, Gauteng, gehou word. Hulle sê hulle sal nie toelaat dat hy met hulle praat nie. Cosatu-lede beskuldig die ANC van leë beloftes en dat hy onttrek het aan die salaris-ooreenkoms in die staatsdiens. Hulle eis nou dat President Cyril Ramaphosa hulle toespreek.