Namibiese damme is saam 73% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 73 persent vol, volgens NamWater se dambulletin. Suide-damme is gesamentlik 82,1 persent vol, ondanks ‘n verlies van 1,994 miljoen kubieke water wat uit die Hardapdam vir besproeiing onttrek is. Die Neckartaldam is 94,9 persent vol, selfs met ‘n verlies van 1,819 kubieke meter water, die Nautedam staan op 79,9 persent en die Oanobdam op 67,9 persent. Sentrale damme is tans 41,3 persent vol teenoor verlede jaar se 56,9 persent dieselfde tydperk, met die Von Bachdam se vlak op 32,9 persent. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 14,7 persent vol teenoor verlede jaar se 40,1 persent.