Pandor vol vertroue dat Ramaphosa President sal bly

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê sy is vol vertroue dat Cyril Ramaphosa volgende jaar die President sal bly. Sy het tydens haar departement se jaarafsluitings-nuuskonferensie gereageer op die Artikel 89-verslag oor die Phala Phala-plaasdiefstal-skandaal. Die parlement kom môre byeen om die verslag te bespreek. Politieke partye sê ‘n ampsklag moet teen Ramaphosa gelê word. Pandor het bevestig dat sy die verrigtinge sal bywoon.