ATM hof toe oor Phala Phala-verslag

Die African Transformation Movement het dokumente by die Konstitusionele Hof ingedien teen President Cyril Ramaphosa se hersiening van die Artikel 89-paneel se verslag oor Phala Phala. Die President het verlede week by die Konstitusionele Hof aansoek gedoen dat die verslag as onwettig en ongrondwetlik verklaar en verwerp word. Die paneel het bevind Ramaphosa het moontlik die Grondwet oortree wat die diefstal in 2020 op sy Phala Phala-plaas in Limpopo betref. ATM se woordvoerder, Mxolisi Makhubu, sê die President se hersieningsaansoek is daarop gemik om die parlement se funksies te kniehalter.