Namibiese boere tref voorsorgmaatreëls teen veldbrande

‘n Boer in die Nina-omgewing sê boere is gereed en het die nodige voorsorgmaatreëls op hul plase getref indien veldbrande sou uitbreek. Boere in die omgewing het verlede jaar reuse-skade weens veldbrande gely wat tot verliese van diere en eiendom gelei het. Iris Stehn sê aan Kosmos 94.1 Nuus spesiale inligtingsessies is oor brandbestryding aangebied.

‘n Veldbrand het Saterdag weer tussen die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en N/a’an ku sê gewoed, maar dis onder beheer gebring.