Kenners maan oor nog ‘n Covid-vlaag in SA

Nog kenners het Suid-Afrikaners gewaarsku om hulle te staal vir nog ‘n vlaag Covid-19, al is die getalle al ‘n hele paar maande op ‘n algehele laagtepunt. Professor Cheryl Cohen van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê ‘n sesde vlaag sal die land dalk nie binnekort tref nie, maar is ‘n groot waarskynlikheid. Sy sê dié tydperk moet gebruik word om meer Suid-Afrikaners in te ent.