Namibiese aktivis stel vanaand haar boek bekend 

Die stryd van geslagte is met ons met aktivis Ndiilokelwa Nthengwe wat vanaand haar boek gaan bekendstel wat handel oor die lewe van ‘n aktivis in ‘n moderne Namibië. Die boek se titel is “You Messed With The Wrong Generation”: An Ode To Modern Activism in Namibia. Nthengwe het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie boek oor kwessies uit die hart praat en oor die uitdagings van aktiviste om vir ander te mobiliseer.

Die boekbekendstelling vind vanaand om ses-uur by die Berrylicious Restaurant in die hoofstad plaas