DA bly verbind om nuwe koalisieregering in Nelson Mandelabaai te vorm

Die DA in die Oos-Kaap sê hy bly daartoe verbind om ‘n nuwe koalisieregering in die Nelson Mandelabaai-metro te vorm. Die party werk dag en nag om alle opposisiepartye te verenig in ‘n poging om die ANC uit die kussings te lig. ʼn Woordvoerder van die DA, Nqaba Bhanga, sê die party het met leiers van die Noordelike Alliansie, die DOP en Good vergader om alle opposisiepartye te verenig in die verwydering van die ANC-regering.