Oudpresident van Sowjetunie was geskok oor Russiese inval in Oekraïne

Die laaste President van die Sowjetunie was glo geskok en ontnugter oor Rusland se inval in Oekraïne. Mikhael Gorbatsjof, wat dié week in die ouderdom van 91 oorlede is, was ‘n uitgesproke kritikus van die Russiese President, Vladimir Putin. Gorbatsjof se tolk vir byna vier dekades, Pavel Palazhchenko, beweer hy was onthuts oor die verswakkende verhouding tussen Moskou en Kiëf. Gorbatsjof het blykbaar geglo in die nabye verwantskap van die Russiese en die Oekraïnse volk, en het geglo die twee volke is in wese dieselfde.