NamWater reik drie tenders uit

NamWater nooi plaaslike maatskappye uit om te tender vir drie tenders. Die eerste tender behels die voorsiening, aflewering en gebruikneming van nuwe bergings-eenhede. Die tweede tender is ingenieurskonsultasie-dienste vir die opgradering en uitbreiding van die Olushandja-watersuiweringseenheid. Beide tenders sluit op 16 Maart. Die derde tender is die verskaffing van arbeidsterapiedienste vir personeel regoor die land vir ‘n tydperk van drie jaar. Die tender sluit op 4 April.