Die dieselprys en voedselsekerheid

Die styging in die dieselprys, hier en in Suid-Afrika vannag sal ‘n groot impak op boere hê. Die Transvaalse Landbou-unie sê die landbousektor sal kwaai geraak word deur die styging en dit kan voedselsekerheid bedreig. Groot verhogings in diesel- en petrolpryse tree om middernag in werking. Die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, sê sodra die nuwe plantseisoen begin, sal boere deur insetkoste geraak word. Hy doen ‘n beroep op die regering om boere se vermoë ten opsigte van produksie en voedselsekerheid te beskerm.