Namibiërs word gevra om Covid-regulasies na te komAugust 28, 2021
Talle Namibiërs het van die geleentheid gebruik gemaak om die langnaweek weg te
breek of vir familie te gaan kuier. Gedurende sulke naweke word die Covid-maatreëls
nie altyd nagekom nie en misbruik van alkohol en roekelose bestuur is aan die orde van
die dag. Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het ‘n beroep
op Namibiërs gedoen om die regulasies te gehoorsaam.