Die Springbokke is in Australië

Rugby: Die Springbokke het in Brisbane, Australië, aangekom vir hulle laaste vier
Kampioenskapstoetse. Hulle speel teen die Wallabies op twee agtereenvolgende
naweke, gevolg deur twee toetse teen die All Blacks. Afrigter Jacques Nienaber sê hulle
fokus nou daarop om aan te pas en van die reis te herstel. Daar is vroeër aangekondig
dat Suid-Afrika se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, nie by die span sal aansluit
nie. Hy wil nie die Bokke se aandag van die spel aftrek terwyl Wêreldrugby stappe teen
hom beplan ná sy kritiek teen wedstrydbeamptes tydens die Britse en Ierse Leeus se
toer nie.