Verslag oor Zuma se gesondheid

Oudpresident Jacob Zuma van Suid-Afrika se militêre dokters het wel ’n verslag
ingedien oor sy geskiktheid om verhoor te word, het die nasionale vervolgingsgesag
bevestig. Dit kom nadat Zuma se dokters die sperdatum om ’n mediese verslag oor
sy siektetoestand by die hooggeregshof in Pietermaritzburg in te dien, gemis
het. Advokaat Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die NVG, het gesê ’n verslag
oor Zuma is ontvang. Die verslag is ’n week ná die sperdatum van 20 Augustus
ingedien.