Namibiërs wil MTC se Netman met Mboma, Masilingi vervang

Namibiërs is so trots op die prestasies van die Namibiese top-atlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi in Europa. Só opgewonde is Namibiërs dat hulle MTC op sosiale media versoek het om hul blou Netman-gelukbringer deur een van die meisies te vervang, omdat hulle glo die internet se spoed kan verhoog. MTC is bekend daarvoor dat hulle plaaslike presteerders ondersteun. Hulle het die goue medaljewenners van die Statebondspele Helalia Johannes en Jonas Junias met 50 000 Namibiese dollar elk vir hul uitsonderlike prestasies beloon. John Ekongo van MTC, deel sy opgewondenheid oor Mboma en Masilingi aan Kosmos 94.1 Nuus en wens hulle sterkte toe vir die komende Spele in Tokio.