Stad Tshwane kry ongekwalifiseerde oudit

Die Stad Tshwane het die ouditeur-generaal se ongekwalifiseerde oudit van die raad se 2019-2020 finansiële verslag verwelkom. ‘n Woordvoerder, Sipho Stuurman, sê dit is ‘n bewys van die huidige administrasie se toewyding aan skoon bestuur. Die stad het onlangs finansiële uitdagings beleef as gevolg van die onwettige ampstermyn van die administrateurs wat die grootste deel van 2020 in beheer was. Stuurman sê die bestuurspan sal by die huidige wenresep hou.