Namibiërs se skuld hoop op

Die Bank van Namibië sê agterstallige lenings het teen die derde kwartaal van 2021 op 12 miljard Namibiese dollar gestaan met eiendomskuld wat 7 miljard dollar beloop. Van die lenings is meer as ‘n jaar uitstaande en beslaan 6,8 persent van alle skuld in die land. Die meerderheid van eiendomslenings is op die stadium uitstaande. Die bank sê verder dat net meer as 590 000 individue en instansies het verlede jaar een of ander lening by kommersiële banke gehad. Teen die einde van die derde kwartaal het banke bates van 167 miljoen dollar teruggeneem.