Wat nou vir mielieboere, daar’s nog net tyd tot 25 Januarie

Namibiese akkerbouers is grootliks afhanklik van die reën vir hul plantseisoen. Boere kan nie sonder goeie reënval saad plant nie. Tot dusver het die reënseisoen teleurgestel met klein dele van die land wat reën gehad het en produsente wat tradisioneel net tot die sogenaamde Kaisersgeburtstag, 25 Januarie om saad in die grond te kry. Dit is ‘n groot risiko om te plant as die reën nie kom nie. Gernot Eggert, een van Namibië se top-produsente sê grondvog van sowat 300 millimeter is nou nodig.

Hy verduidelik hoe boere die hoë pryse van kunsmis en diesel hanteer.