Namibiërs laat ook harte weer klop

Namibië vier ook vandag Wêreld Laat-‘n- hart-weer-klop-dag. In 2018 is ‘n inisiatief oor hartstilstand geloods met die slagspreuk “Alle burgers van die wêreld kan ‘n lewe red”. Sedertdien is 16 Oktober die jaarlikse Wêreld Laat-‘n- hart-weer-klop-dag om openbare bewustheid oor die kardio-pulmonêre resussitasie-praktyk te skep. Dié praktyk kan deur enigiemand uitgevoer word. Die mandaat is nie net om vir die siekes en beseerdes te sorg nie, maar ook om openbare onderrig en voorkoming van sterftes te verseker. Dr. Marcia Koekemoer, noodgeneeskunde-spesialis by die Lady Pohamba Private Hospitaal, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.