Angolese burger by Oshivelo vasgetrek met vuurwapen, ammunisie en hope kontant

‘n Angolese burger is by die Oshivelo-padblokkade in hegtenis geneem toe hy met ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook meer as 150 000 Namibiese dollar kontant in sy besit gevind is. Die 26-jarige Angolees was ook in besit van 30 000 Amerikaanse dollar. Volgens die Namibiese polisie se bevelvoerder in die Oshikoto-streek, kommissaris Teopoline Nashikaku, staan die verdagte tereg op aanklagte van geldwassery en die onwettige besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.