Vyf-jarige seun glo deur stiefpa in duine vermoor

Nóg ‘n Namibiese kind is die slagoffer van geslagsgeweld. ’n Vyfjarige seuntjie is na bewering deur sy stiefpa op Walvisbaai vermoor. Die man het die glo die seuntjie by ‘n voog in die Kuisebmond-woonbuurt gaan haal, hom na die duine naby Narraville geneem en vermoor. Nampol se bevelvoerder vir gemeenskapsake in die Erongo-streek, inspekteur Ileni Shapumba, het die voorval aan die media bevestig, maar kon geen verdere besonderhede verskaf nie, omdat die polisie nog die saak ondersoek.