Namibiërs beleef angs oor impak van pandemie

Volgens ‘n telefoniese opname deur Afrobarometer is byna alle volwasse Nambiërs bekommerd oor die impak van die Covid-19-pandemie op hul huishoudings, die land en die toekoms van hul kinders. Slegs die helfte Namibiërs sê dat hulle waarskynlik sal probeer om ingeënt te word. Die nuwe Afrobarometer van 2021 se kommerwekkende resultate vir Namibië wys groot hoeveelhede Namibiërs ervaar as gevolg van die Covid-19-pandemie altyd of dikwels ‘n skaarsheid aan kontant, skoon water, kos en medisyne en gesondheidsorg. ‘n Navorser van Afrobarometer, Christie Keulder, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê baie Namibiërs het probleme om hulself te isoleer en by die inperkingsregulasies te hou. Hy sê mense beleef angs oor die impak van pandemie.