Min tyd vir koalisies in Israel

Israeliese politici veg teen tyd om ‘n koalisie te vorm om die veteraan eerste minster Benjamin Netanyahu te ontsetel. Hulle het net tot midderdag tyd om Netanyahu se leierskap van 12 jaar as die langsdienende eerste minister te beëindig. ‘n Voormalige TV-aanbieder Yair Lapid, het Sondag die verregse nasionalis en tegnologie multi-miljoenêr Naftali Bennett, aan sy kant gekry. Dr. Charles Sinkala, ‘n politieke analis deel sy mening met Kosmos 94.1 Nuus.