Namibiër midde konflik in Israel

Die ergste geweld in Gaza en Israel in meer as 7 jaar woed voort en minstens 127 mense is sedert Maandag dood. Die Israeliese weermag se lug- en grondmagte het nog nie Gaza binnegeval nie, maar verskeie aanvalle is sedert vanoggend uitgevoer. Intussen gaan Palestynse militante voort om Israel met vuurpyle te bestook. Herman Oosthuizen is ‘n Namibiër wat noord van Tel Aviv in Israel werk. Hy vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe dit voel om daar midde die konflik te wees.