Namibiër in Taiwan vertel oor droogte

Die eiland van Taiwan wat dikwels deur tifone geteister word, ervaar ‘n ongekende droogte en selfs beurtwater is ingestel. In sommige stede het inwoners vir twee dae ‘n week nie water nie. Die prys van rys het ook weens die droogte die hoogte ingeskiet. Namibiër Marisa Bodenstein wat al 19 jaar in Taiwan woon, vertel hoe verskil die droogte in Namibië en Taiwan.