Kroasië kry euro en is 27ste lid van Schengen-sone

Kroasië het die nuwe jaar met ‘n nuwe geldeenheid afgeskop toe die euro die kuna vervang het. Die land het terselfdertyd die 27ste lid van die Schengen-sone geword, die wêreld se groot paspoortvrye sone met meer as 400 miljoen mense wat vrylik tussen lidlande kan beweeg. Kenners sê die aanvaarding van die euro sal help om Kroasië se ekonomie te beskerm in ‘n tyd waarin inflasie wêreldwyd die hoogte ingeskiet het ná Rusland se inval in Oekraïne.