Namibië vroue kwalifiseer vir binnenshuise hokkie Wêreldbeker

Namibië se vroue-span het deurgedring na die finaal van die Binnenshuise Hokkie Afrikabeker toernooi, en daarmee ook gekwalifiseer vir die binnenshuise hokkie Wêreldbeker volgende jaar in Kroasië. Hulle het 1-elk gelykop gespeel met Suid-Afrika, wat om 11-uur kragte meet met Zimbabwe. Die finaal vind môremiddag om 5-uur in die MTC Dome in Swakopmund plaas. Namibië se mans-span het met 4 – 5 teen Suid-Afrika verloor, maar is ook deur na die finaal. Suid-Afrika speel om 11-uur teen Zimbabwe om die ander finalis te bepaal.