Namibië voer in Mei steeds die meeste in van Suid-Afrika

In Mei 2022 was Suid-Afrika, Indië, China, Peru en Bahrein die belangrikste bron van invoere vir Namibië, volgens Mei se handelsbulletin van die Namibiese Statitstieke-agentskap. Die top-vyf invoermarkte het Namibië voorsien van 59,3 persent van alle invoere wat deur die land benodig word. Dit het gestyg vanaf sy April 2022-vlak van 53,7 persent en gedaal van die 61,3 persent wat in Mei 2021 aangeteken is.