LPO-voorsitter gee terugvoering oor uitstaande Meatco-betalings

Die voorsitter van die Namibiese Lewendehawe Produsente-organisasie, Thinus Pretorius, het terugvoering gegee aan produsente wat vir hul Meatco-betalings wag. Dit volg ná die samevatting van alle produsesnte wat hulle onbetaalde bedrae ingestuur het, aan die landbouminister Calle Schlettwein oorhandig is. Pretorius sê die kwessie is egter nie die landbouminister se mandaat nie. ‘n Afskrif is ook aan Ipumbu Shiimi, die minister van finansies, wat ook die minister van staatsondernemings is, gegee. Pretorius verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.