Namibië spog nou met Wi-Fi in voertuie

MTC het in samewerking met Netstar Namibië en Standard Bank Namibië Namibë s eerste Wi-Fi in die motor en voertuig-opsporingsdiens bekendgestel vir voertuie wat deur Standard Bank gekoop is. Deur die inisiatief kan voertuie vanaf vandag toegerus word met ‘n Wi-Fi-eenheid in die motor met 10 Gigabyte of 30 Gigabyte-data wat by die Netstar-intekening ingesluit kan word, wat ook aangevul kan word. Melvin Angula, MTC se hoof kommersiële beampte, sê in ‘n vinnige wêreld waar mense op pad leef, is die behoefte om verbind te bly van kritieke belang, en die bekendstelling van die Connected Car Wi-Fi-diens is ‘n opwindende aanbod wat tegnologie gebruik die motortegnologie-bedryf te verbeter. John Ekongo, MTC se korporatiewe kommunikasiebestuurder praat met Kosmos 94.1 Nuus.