SANW ontken bewerings van Ramaphosa se besoek aan die DRK 

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het bewerings ontken dat President Cyril Ramaphosa se onlangse besoek aan die Demokratiese Republiek van die Kongo die belastingbetaler ongeveer 2,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand gekos het. Die SANW beskryf nuusberigte as misleidend. ‘n Woordvoerder, Siphiwe Dlamini, sê die laagste kwotasie vir die vlug was net minder as 1,6 miljoen rand. Hy voeg by die berigte was ook verkeerd oor die aantal passasiers aan boord van die vlugte na en van Kinshasa. Volgens berigte was daar 14 passasiers aan boord, met 55 passasiers op die terugvlug.