Eskom waarsku teen fase 2-beurkrag

Eskom waarsku Suid-Afrikaners dat fase 2-beurtkrag moontlik dié week in die aand-spitstyd op kort kennisgewing ingestel mag word, vanaf vier-uur die middag tot middernag. Dit is weens ‘n tekort aan opwekkingsvermoë nadat eenhede onklaar geraak het, asook die vertraging om sommige eenhede weer in diens te stel. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, moedig inwoners aan om krag steeds spaarsaam te gebruik omdat die stelsel onder druk verkeer.