Namibië sal gryslys-toets slaag

Die eerste minister en oud-minister van finansies, dr. Saara Kuukongelwa Amadhila sê baie wetgewing en aanpassings is die jaar voltooi om te verhoed dat Namibië is die finansiële taakmag se gryslys geplaas word. Die taakmag is ‘n waghond vir geldwassery en terreur-finansiering. Sy sê sy is vol vertroue dat Namibië volgende jaar Februarie die toets sal slaag.