Jagbedryf berei voor vir internasionale skoue

Die jagbedryf maak gereed vir ‘n besige tyd op hulle kalender met verskeie jagskoue wat in die VSA en Europa in die eerste twee maande van volgende jaar plaasvind. Dit is uiters belangrik dat die bedryf homself bemark en die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, neem ook deel. Kosmos 94.1 Nuus het met die Napha-president Axel Cramer gesels.