Grossi noem Namibië as potensiële kernkragland

Daar word berig dat Namibië deur Rafael Grossi, die hoof van die Internasionale Atoomenergievereniging, ingesluit is in ‘n groep lande wat na verwagting binne die volgende paar jaar elektrisiteit uit kernkragbronne sal begin produseer. Grossi sê volgens hulle berekeninge is dit nodig om die aantal kernreaktors in die wêreld te verdubbel – tans op sowat 400 eenhede – om die doelwitte van die Parys-klimaatooreenkoms te bereik. Hy sê daar is tien lande wat die oorweeg om kernkragsentrales te bou en 17 ander wat in die evalueringsproses is. Hy sê daar sal binne ‘n paar jaar 13 nuwe kernlande wees. Van die lande sluit Namibië, Ghana, Kenia, Marokko, Nigerië, die Filippyne en Kasakstan, onder andere, in. Die regering het tot dusver nie belangstelling in die opwekking van kernkrag getoon nie.