Namibië reik virums vir afstandswerkers uit

Namibië het aangesluit by ander lande regoor die wêreld om visums vir afstandswerkers bekend te stel aan internasionale reisigers. Stad Kaapstad sê Suid-Afrika ervaar toenemend die moontlikheid om van digitale nomade se reis-wenslysie weggelaat te word, aangesien meer en meer mededingende bestemmings hierdie visums vir afstandswerkers instel. Die burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê Namibië is die vierde Afrika-land wat dit doen ná Mauritius, die Seychelle en Kaap Verde.