Tshwane-burgermeester veroordeel grondbesettings

Die burgermeester van Tshwane, Randall Williams, het die onlangse pogings om grond te beset wat aan die stad in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, behoort, ten sterkste veroordeel. Hy sê die EFF in Tshwane was weer eens aanstigters van die onwettige optrede. Die woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê die Metropolisie het verlede week teen ‘n poging tot grondbesetting in die gebied opgetree. Elf onvoltooide strukture is herbou nadat 17 strukture twee weke gelede van dieselfde perseel verwyder is.